Staproetes in Suid-Afrika

Ons bied staptoere in die Wes Kaap, die Bosveld en in die Drakensberge aan. 

RSG

Luister na Andries Liebenberg se radio onderhoud in verband met Trails and Travel se stap- en fietstoere in Suid Afrika.

Wat behels die staproetes ?

Dit is in uitgesoekte natuurskone dele van Suid-Afrika en kan in twee groepe ingedeel word, nl:

  • Staptoere wat onafhanklik gestap word (sonder n gids), en
  • Staptoere wat deur n gids begelei word.
  • Daar is ook kombinasies hiervan, dws gedeeltelik met n gids.

Die meeste van ons staptoere word sonder n gids gestap strek oor 4  tot ongeveer 15  dae. Die afstand van die roetes is gemiddeld ongeveer 12 km per dag.

Ons verskaf n roetebeskrywing, vervoer jou bagasie en reel gerieflike hotelverblyf langs die staproete. Dit laat jou toe om self die pas te bepaal en die omgewing behoorlik te verken en te geniet – slegs met n ligte dagsak. Ontspan wanneer jy wil en spandeer tyd aan jou belangstellings. Dit verseker n onvergeetlike ervaring. Gerief en gesonde oefening. Ons noem dit “lekkerstap”.

Wie is ons ?

Kliek op Inligting vir agtergrond oor ons besigheid. Meer besonderhede oor die voordele van n Lekkerstap vakansie word daar bespreek. Kyk by Kommentaar vir terugvoer van vorige stappers.

Watter staproetes is beskikbaar ?

Die volgende staptoere is tans beskikbaar.

Staproetes in Kaapstad en omgewing: 

Kaapstad - Kaapse Skiereiland staptoer - 5 dae - gids vir een dag

Die 5 dag staproete (40 km) is 'n geleentheid om die mees gewilde toeristebestemming in Suid-Afrika te ontdek. Kaapstad is die stad met die tweede hoogste bevolking en is die wetgewende hoofstad van Suid-Afrika. Die stad is bekend vir sy Waterfront sowel as sy natuurskoon en bekende landmerke soos Tafelberg en Kaappunt. Kaapstad is nie net die gewildste internasionale toeristebestemming in Suid-Afrika nie, maar ook in Afrika.

Kaapstad - Begeleide stappe

Kies n roete wat pas by jou voorkeure en stapervaring. Dit wissel van rustige een dag wandelings tot meer uitdagende opsies. Keuse uit elf maklike roetes. Indien jy gemiddelde fiksheid het, is daar nege verskillende bergstappe om uit te kies. Ons kan ook uitagende dagstappe aanbied vir ervare bergklimmers. Oornag ervarings vir 1-5 nagte op Tafelberg kan ook gereel word. In die geval van beggeleide stappe word u vergesel deur 'n gekwalifiseerde berggids.

Kaapse Wynlande  - Stellenbosch en Somerset Wes - 4 - 7 dae en gids vir een dag

Die 7 dag (6 nagte) staptoer strek oor 'n afstand van sowat 100 km. Die korter weergawe is 45 km oor 4 dae (3 nagte). Beide roetes begin in Somerset -Wes en eindig op Stellenbosch. Die langer roete sluit Jonkershoek Natuurreservaat in. Jy kry 'n geleentheid om die natuurprag en verskeidenheid van die Kaapse berge en unieke fynbos te ervaar. Jy besoek ook van Suid-Afrika se bekendste wynlandgoedere en die karaktervolle tweede oudste dorp in Suid Afrika, Stellenbosch

Franschhoek staptoer- 4 dae- gids vir een dag

Die dorp word omring deur pragtige berge en wingerde en staan bekend as die "Kos- en- Wyn Hoofstad" van Suid-Afrika. Jy sal n historiese dorp en panoramiese uitsig oor die vallei ervaar. Die staproete in kombinasie met plattelandse gasvryheid en wêreld gehalte restaurante verseker n onvergeetlike ervaring. Die afstand is 30 km  oor 4 dae (3 nagte)

Hermanus staptoer - 4 dae sonder gids

Hermanus is bekend vir sy gematigde klimaat, lang strande en fynbos. Dit word beskou as die beste bestemming in die wêreld om walvisse  waar te neem. Die staproete is oor 4 dae (3 nagte) en strek oor 30-45 km. Die Hermanus staptoer bied n heerlike kombinasie van berg- en kus staproetes en n interessante dorp met puik akkommodasie en geriewe.

Kaapse Hoogtepunte - 15 dae staptoer- gids vir 3 dae

Ervaar die beste van die bogenoemde vier roetes in Kaapstad, die Kaapse Wynlande, Franschhoek en Hermanus. Die program is aanpasbaar. Dit is ideaal vir toeriste wat Kaapstad en omgewing met een besoek deeglik te voet wil verken. Dit sluit van Suid-Afrika se mees gewilde toeriste-aantreklikhede in. Tafelberg, die V & A Waterfront, die Atlantiese kus, historiese Stellenbosch, die wynlande, walvisse in Hermanus en die unieke Kaapse blommeryk (fynbos) is van die hoogtepunte. Die roete is 160/170 km oor 15 dae.

Kogelberg staptoer by Kleinmond en Bettysbaai - 4 dae sonder gids

Kogelberg is Suid-Afrika se eerste geregistreerde biosfeerreservaat. Dit bied waarskynlik die grootste blomverskeidenheid ter wêreld. Hier is ongeveer 1880 verskillende plantspesies. Die volgende rykste gebied is die Suid-Amerikaanse reënwoud met net 420 spesies per 10 000 vierkante kilometer! Benewens die fynbos kan die stapper n pragtige rivier en kuslyn geniet. Die roete is ongeveer 40 km oor 4 dae (3 nagte)

Weskus staproete by Paternoster, Jacobsbaai en St Helenabaai - 4 dae sonder gids

Die Weskus staptoer is 'n geleentheid om die unieke kus en die lewe in die vissersdorpies St Helenabaai, Paternoster en Jacobsbaai te ervaar. Jy stap langs pragtige strande met ten minste 30 baaie -elk met hul eie unieke eienskappe. Die seekos van die Weskus is uniek. Vir n deel van die jaar kan walvisse gesien word. Gedurende lente, van Augustus tot September / Oktober, is die kleurvolle veldblomme n spesiale bonus langs hierdie roete. Die staproete is 38-65 km  oor 4 dae (3 nagte)

 

Staptoere elders in Suid-Afrika

Die Bosveld staptoer - 5 dae - met n gids in die Waterberg-omgewing

Dis 'n unieke 5 dag (4 nagte) Afrika wildlewe ervaring by Zinnshoek Privaat Wildreservaat in die Waterberg area in Limpopo Provinsie. Die eksklusiewe safari bestemming het kenmerkende bosveld landskap en asemrowende sonsondergange. 'n Ervare gids sal jou vergesel en vertel van die wild en voëls van die Bosveld. Tesame met die unieke boskamp akkommodasie en gasvryheid verseker dit n egte Afrika ervaring.

Cederberg staptoer - 7 dae sonder gids

Die Cederberg Wildernesgebied is 'n wêrelderfenisgebied bekend vir skouspelagtige landskappe, rotsformasies, botaniese diversiteit, antieke rotskuns en baie spesiale staproetes. Ons Cederberg stapvakansie is 'n geleentheid om die Cederberge se staphoogtepunte te ervaar.

Drakensberg staptoer - 6 dae sonder of met n gids

Die skouspelagtige uKhahlamba Drakensberg Park in KwaZulu-Natal is in 2001 as 'n wêrelderfenisgebied aangewys. Dit bied unieke natuurskoon, uitstekende staproetes, wêreldbekende San (Boesman) rotskuns en 'n gewyde atmosfeer. Die Drakensberge (3000 m) is die hoogste bergreeks suid van Kilimanjaro en staan as die “stap hoofstad” van Suid-Afrika bekend.

Suidpunt staptoer van Arniston na L'Agulhas - 5 dae sonder n gids

Die staproete is aan die mees suidelike punt van Afrika waar die Atlantiese- en die Indiese Osean bymekaarkom. Geniet pragtige strande, rotspoele, unieke plantgroei en 'n interessante geskiedenis van skeepswrakke, vissermanne en Khoikoi

Drie Streke - Cederberg, Kogelberg en Kaapstad - 11 dae -meestal met gidse

Dit is 'n 11 dae (10 nagte) begeleide stapvakansie om drie verskillende streke in die Wes-Kaap te ervaar. Dit is 'n ideale vakansie vir besoekers wat stap geniet. Verken die Cederberge,Kogelberg, Tafelberg, Robbeneiland, Kaappunt, ens. Stap met n gids op goeie paaie, ongeveer 5-uur per dag, 15km maksimum. Verblyf en etes ingesluit (behalwe vir Kaapstad wat B & B is). Vervoer per minibus, waar nodig.

Cederberg gemeenskapsroete - 3- 9 dae- met gidse

Hierdie is n geleentheid om die Cederberge en die plaaslike gemeenskap te leer ken en te ondersteun. Die daaglikse staptogte word deur lede van die plaaslike gemeenskap begelei. Die vakansiepakket sluit verblyf, etes, rotskuns besoeke, donkiekar ritte en toegangsgelde in. Gaste bly gerieflik in huisies of gastehuise, sommige is in die skilderagtige Morawiese sendingstasie. Bagasie word vervoer. Daar kan uit ses verskillende gemeenskapsgebaseerde staproetes gekies word. Die roetes wissel tussen 2 tot 8 nagte en ekstra dae kan bygevoeg word.

Blyderivier Toer:-5 dae met n gids

Ry en stap deur die natuurskone Blyderivier Canyon landskap. Besoek unieke natuurwonders oor 5 dae en verken die omliggende veld te voet. 'n Groot verskeidenheid van voëls en diere kan gesien word.

Kruger Park Safari: 5 dae met n gids

Verken die Kruger Nasionale Park in 'n oop safarivoertuig oor vyf dae. Dis 'n geleentheid om die "Groot 5" van Afrika, asook 'n groot verskeidenheid van voëls en kleiner diersoorte te sien. ’n Ervare gids sal die gewoontes en interessante gedrag van diere in die veld verduidelik. 'n Nagrit word aangebied om verskeie katsoorte en ander skaars diere soos die ystervarke, erdvarke en uile waar te neem. Daar sal ook 'n begeleide oggendstap onderneem word om diere en die veld te voet te ervaar. Oornag in Kruger Park rondawels.

St Francis kus: 4 dae met n gids

Stap tussen Oesterbaai, St Francisbaai en Kaap St Francis langs die pragtige Oos Kaapse kus en deur 'n verskeidenheid van fynbos. Die gebied het meer as 250 voël spesies. Geniet 'n vaart op die bekende St Francis kanale, besoek die Seevoël rehabilitasiesentrum op Cape St Francis en besoek Port St Francis.

Kruger Wildernis stap: 5 dae met n gids

Veldstappe in 'n private reservaat in die Groter Kruger Nasionale Park oor 5 dae. Groep van 4 tot 8 vereis. Jou bekwame gids sal jou aan aspekte van die bos bekendstel wat normaalweg nie tydens ’n besoek aan die Krugerwildtuin ervaar word nie. Jy sal seldsame dier- en voëllewe ervaar. Oornag in tentkampe vir n unieke bos ervaring.

Wildekus 6 dae met gids

Hierdie staproete langs die Wildekus bied puik ondersteuning en verblyf en stel jou instaat om die ongerepte kusgebied, golwende heuwels, die strande, riviere en bosse te geniet. Geleenthede vir walvis en dolfyn besigtiging, voëlkyk, kano ry, visvang en swem in n afgesonderde en natuurskone kusgebied.

 

Volledige stapinligting

Volledige inligting van ons stapvakansies in Suid Afrika, is by Staptoere beskikbaar. Elkeen van bostaande staproetes word volledig daar bespreek. Daar verskyn n kort opsommining bo-aan elk van die roetebeskrywings. Lees ook oor die hoogtepunte, die program vir elke dag, die akkommodasie en belangrike inligting oor die omgewing.

Kontak

Kontak ons gerus vir enige navrae oor ons staproetes.

As jy n staproete en n begindatum in gedagte het en beskikbaarheid wil vasstel, kan jy ons gerieflike Navraagvorm voltooi.

Gee die eerste tree en kontak ons. Lekkerstap !

Fietsvakansies

Indien u fietsry verkies, kyk gerus na ons fietsvakansies in die volgende areas:

Kaapse Skiereiland– 4 dae

Kaapse Wynlande – 6 dae

Hermanus – 4 dae

Suidpunt – 7 dae

Suidpunt– 4 dae

Weskus– 7 dae

Walviskus– 5 dae

Terug na bo

Walking and cycling holidays South Africa

Contact us

If you want more information, compare options or have a question

Availability request

If you have chosen a tour & date and want to reserve the date